Gebruik geënte saailinge in winter
Die skielike aankoms van koue weer het boere van nuuts af aan die strawwe winter toestande van verlede jaar herinner. Baie gebiede wat gewoonlik nie deur ryp geraak word nie, is in die winter van 2011 geaffekteer.
Hishtil SA het gedurende die tydperk omvattende proewe met geënte saailinge in die noordelike streke van die land sowel as in die Oos- en Wes-Kaap onderneem. Die voordele vir die gebruik van geënte saailinge is in al die gebiede bevestig.
Komkommers
Geënte plante met korrekte onderstamme is kragtig en het vrugte gedra terwyl ongeënte plante doodeenvoudig in die koue omgeval het. Produsente met geënte plante het deurlopende deur die winter geoes en hoër markpryse bekom.
Tamaties
Geënte plante is sterker en het beter oeste in die koue gelewer. Vruggrootte het toegeneem en vrugte met verbeterde kwaliteit is verkry. Ongeënte saailinge het verminderde groeikrag vertoon in vergelyking met geënte plante wat onder soortgelyke omstandighede verbou is. Daar is egter opgelet dat nie alle onderstamme vir alle toestande geskik is nie en moet die mees gepasde variëteit vir elke omstandigheid bepaal word.
Waatlemoen
Gebruik van geënte saailinge is standaard praktyk onder produsente. Die korrekte onderstam dra verder by tot ‘n toename in groei, bied weerstand teen siektes, en verbeter die struktuur van die plant. Gevolglik is die grootte en kwaliteit van die oes vermeerder en verbeter.
Contact Hishtil SA for more information.
Tel: 015 395 4034 | e-mail: sales@hishtilsa.com or visit www.hishtilsa.co.za